In hierdie hartroerende potgooi deel Oscar van Antwerpen, stigter van Be The Good, die inspirerende storie agter die organisasie se werk met kwesbare kinders in die afgeleë Karoodorpies Fraserburg en Williston. Wat begin het as ’n toevallige ontmoeting, het gegroei tot ’n omvangryke inisiatief wat kos, klere, skryfbehoeftes, mentorskap en emosionele ondersteuning aan die plaaslike gemeeskap bied.
Be The Good is deel van verskeie opvoedkundige projekte en voedingsprogramme tot kunswerkwinkels en gemeenskapsontwikkeling. Vind uit hoe jy betrokke kan raak of hul missie kan ondersteun, https://bethegood.co.za/contact/#donate
In this heartfelt podcast, Oskar van Antwerpen, founder of Be The Good, shares the inspiring story behind the organisation’s work with vulnerable children in the remote Karoo towns of Fraserburg and Williston. What began as a chance encounter has grown into a wide-reaching initiative that provides food, clothing, school supplies, mentorship, and emotional support. From educational drives and nutritional programmes to art workshops and community upliftment, Be The Good is making a lasting impact. Learn how you can get involved or support their mission https://bethegood.co.za/contact/#donate
Sien die potgooi se transkripsie
RSG help waar die fokus plaas bewelssyns of ‘n nuwensgewende organisasie en vanmiddag praat ons met Osker van Antwerpen. Hy’s die direkteur en die stigter van Be The Good. Hallo Oskar.
Goeiemôre Willem en luisteraars.
Baie lekker om met jou te gesels. Vertel ons wat is Be The Good ?
Be The Good is ‘n organisasie wat die kindertjies help in die Karoo of spesifiek die kinders wat nie stemmetjies het nie. Daai groepie van kindertjies so van drie na agt of nege jaar oud en ons fokus hoofsaaklik in Williston en in Fraserburg area. Dis baie ver van die Kaap af. Dis baie geïsoleerd. Die kindertjies kry swaar daar. Hulp is baie skaars en dit is ‘n baie arm gemeenskap. En ons is baie betrokke in daai gemeenskap om juis daai arme kindertjies wat nie stemme het nie en wat nie vir hulleself kan praat nie vir hulle te help en te probeer bystaan. Darem ‘n bietjie gemak aan te bring.
Ja. En die afstande is maar wyd daar van die een dorp na die ander dorp. So Oskar wanneer het jy hiermee begin en hoekom het jy daarmee begin?
Willem dis ‘n goeie vraag. Ek het in 2023, ons is ‘n geologiese firma, het ek gaan fossiele soek daar in ‘n plekkie met die naam van Gaansfontein daar by Marinda en Fraserburg. En op pad uit terug Sutherland toe, dit was redelik laat in die middag, omtrent so vyf uur se kant, was in die winter gewees, het ek die klein twee dogtertjies langs die pad gesien loop en hulle kon beswaarlik ouer as sewe jaar gewees het. Hulle was toe oppad terug huis toe. Dit was baie koud gewees, ons het hulle in die bakkie gelaai, warmte gegee en toebroodjies. En hulle sou definitief nie by die huis uitgekom het daai aand nie, want die huis was omtrent 17 km ver.
Hulle sou definitief baie koud gekry het en hulle het glad nie water gehad of of niks warms by hulle nie. So dit is waar ek betrokke geraak het in Fraserburg en in daai gemeenskap. My wortels is verder terug deur dat ek en my meestersgraad destyds gedoen het in die Karoo. Daar’s wonderlike fossiele en dis wonderlike mense. Is wonderlike landskappe en ons het betrokke geraak by hierdie dorpies en sy mense en ook in Williston en werklik Willem dit gaan baie baie moeilik daar met die kindertjies en daar’s niemand wat ‘n land uitsteek of bitter min mense almal probeer help maar dit het maar min kom daar uit dit is baie ver en ons het Be The Good gestig met die hulp van een van die plaaslike onderwyseresse, Danelle, in Fraserburg, om ons hande uit te steek na hierdie kinders toe. So by toeval het ek het ek hierdie gemeenskappie agtergekom en gesien wat eintlik werklik aan die gang is daar bo.
En op watter manier word die kinders gehelp? Is dit is dit met kos, met klere? Is dit met skool benodigdhede? Ek verstaan dis nogal ‘n klomp verskillende dinge wat julle mee bystaan.
Willim ja, ons het ons is al ‘n rukkie aan die gang met Be The Good. Ons is baie afhanklik van van mense wat hulle hande uitsteek na ons toe. Ons het ‘n susterskool waarmee saam en dit is een van die Strand laerskole Hendrik Louw en hulle het vir ons baie klere gegee wat ons opneem na die kinders toe. Ons neem skryfbehoeftes. Ons het krieket hoedjies gevat, Gazebos vir die onderwysers. Ons het stoeltjies gevat. Die stoeltjies val uitmekaar uit. Dit is eintlik baie moeilik om te sien. Skryfbehoeftes. Die rooi potlood dis die gewonste potloodjies onder almal. So ons vat baie skryfbehoeftes. Vakansie tye wanner daar nie n kossie is by die skool nie, raak die kinders baie honger. Veral in die winter. En ons borg vir hulle pap ‘n baie kragpap ‘n baie sterk nutritional kragpap en dan ook ‘n sorg een van die plaaslike dames daar maak Louise sy’s ‘n dieetkundige. So hierdie goedjies versprei ons by die kinders ons het atletiek kleertjies geneem, handboeke wat ons by skole kry. So enige tweede handse skryfbehoefte, skoene, baadjies, toppies, hempies enige warm ding, missie, hoedjie dit vat maar sy pad in na Fraserburg toe en na gemeenskap toe en dan na Williston toe ook ons is ook baie bevoorreg om ‘n fantastiese groep donateurs en mense te hê wat ons ondersteun en sommer om mense uit te sonder. Ek dink daar’s ‘n spesiale dank aan Annemie van die pragtige sakke wat sy maak. Sy help vir ons geweldig baie. Annemie Grobbelaar dan ook ons chemiese maatskappye Chimerical, ons boormaatskappy Torque Africa, hulle bordjies is oral op dis die man wat vir jou kom water soek wanneer die dinge redelik dors raak. Airink is aan ons kant. Hendrik Louw soos ek vir jou genoem het en ons is ons is redelik daar waar ons kan ons goedjies kan insamel doen ons dit.
Ons is byvoorbeeld nou tans besig met ‘n ons noem dit ‘n Girl Drive, ‘n a Girl Talk en urgency bags. Anne Me het vir ons ‘n klompie sakkies gemaak noodsakies vir die meisies van ons vroue geoloë gaan met die meisies praat en vir hulle verduidelik waaroor dit gaan. En ek dink belangriker ook ons werk baie hard met die meisies want ons voel dat hulle groot invloed in die gemeenskap het. So die dames gaan vir hulle vertel dat daar professionele loopbane is en loopbane en dat vrouens ook ‘ ‘n regmatige plek in die werksplek het. So ons doen baie opligwerk rondom dit. Ons gaan weer kos gee hierdie jaar. Ons het ‘n hele klompie skryfbehoeftes gekry van Chimerical af. Baie oulike maatskappy hier in die Kaap. Ons fokus op ECD training. Ons het ‘n golfdag wat ons by Hendrik Louw gedoen het. En dan het ons ‘n baie groot golfdag Willem by WiMSA. by Woman in Mining South Africa waarvan ons dames gaan betrokke wees waar ons ‘n fondsinsaming gaan hê. Ons gaan kombersies neem. Ons borg ook die Logan Toneeles van die mense wat dit nie weet nie deur middel van ‘n website en dan ook ‘n jy weet ‘n website is daarby betrokke en so so stuur ons die boodskappe uit in die in die gemeenskap in. So die mense wat nie weet van die Logan Toneelfees nie gaan kyk gerus. Dis ‘n fees van 43 jaar al aan die gang, en waar die al die skole in die Noord-Kaap en sover as die Vrystaat neem deel aan toneel opvoerings. Ons doen redelik baie baadjies. Torque Africa het vir ons baie baadjies gegee verlede jaar en dis maar net om daai klein kinderlyfies uit die koue uit te kry want dit is snerpent koud dit is -3/-4 sommer baie maklik daar. Ons wil graag hierdie jaar ‘n netbaldryf doen so opleidingsweekie weer ‘n paar gazebos gegee en hoedjies en dan wil ons baie graag ‘n kuns werkswinkel hê met die kinders. En ek dink dit is baie baie nodig. En Willem baie interessant. Een van die goed wat uitgespreid het uit hierdie hele beweging van ons is ons het begin as ‘n geologiese firma om die om die kunstenaars, die plaaslike kunstenaars in Suid-Afrika ‘n hupstoot te gee deur in samewerking met Airlink hulle kunswerke op te koop en dan uit te stal. Ons het die pragtige ondersteuning van drie groot kunstenaars in Suid-Afrika gekry onder Jo Roets, Hennie Meyer en Riaan van Zyl wat vir som vir ons werking gedoen het en geskenk het. Daar’s baie ander kunstenaars ook wat betrokke is. En elke maand as mens gaan kyk na Airlink se boekie en op ons webblad sal jy sien elke maand is daar ‘n tema gewees oor byvoorbeeld cobalt, woman in mining. Daar is oor kinders en oor goud. Daar’s oor lithi en daar’s oor raar aarde. So daar’s elke kunswerk is gekoppel aan ‘n mineraal en dit word uitgebeeld en dit is hoe ons dan die plaaslike kunstenaars ondersteun. Ons beoog ook om ‘n groot kunsveiling te hou rondom hierdie goed en al die opbrengste daarvan sal gaan vir Be The Good en vir die kindertjies daar in die Karoo. En ek dink dan ook toe ons ander uitreik werk veral met jong mense ons het ‘n pragtige digbundel bymekaar gesit en geïllustrateer en die digbundel is geskryf deur Annika Venter en die titel is “Unimaginable Journey” en hierdie twee dogters voer ‘n moedige stryd teen ‘n baie baie moeilike proses, ‘n baie moeilike siekte wat hulle het. Wanmoedig veg hulle daar en ek dink julle kan hierdie boekie gaan kry op ons webblad. Dit is beskikbaar en ek neem en ek nooi uit vir ouers om werklikwaar hierdie boekie te bekom en te kyk die fondsie sal na Annika toe gaan en mediese versorging en haar sussie. Maar dis regtig baie baie oulike samestelling van gedagte.
Ongelooflik. Ek dink dit sou vinniger gewees het as jy vir ons vertel het wat julle nie alles doen nie. as iemand nou wil betrokke raak by by julle golfdag of hulle wil betrokke raak by die kunsuitstalling of die veiling watter manier ookal wie kan hulle kontak en waar kan hulle meer inligting kry?
Hulle is baie welkom. Hulle kan Be The Good kontak en die webblad is wwww.bethgood.co.za dan kan hulle ook op ons op ons website gaan kyk dis minrom.co.za en ons is ‘n groot geologiese firma in Afrika en daar kan hulle in kontak kom met ons en al ons goedjies gaan sien wat ons doen en selfs ook op Be the Good se webblad en enige skenking is handig. Ons is 18A sertifikaat goedgekeur. Ons neem ou klere. Wat jy dink is ‘n tweederhanse dingetjie is ‘n gebruiksding vir ‘n kind wat nie iets wat nie iets het nie. Soos speelgoed, klere, potlode, penne. skoene sporttoerusting. Ons het ‘n jaarlikse dryf met die kos soos wat ek vir jou gesê het. En dan het ons ‘n oulike program waar mense betrokke kan raak deur geld of kos of dienste of wat ookal betrokke te raak. En dit is ‘n ons het ‘ ons noem dit ‘n borg moontlikheid. Daar’s ‘n blou, ‘n silwer en ‘n goud kategorie.
En van ons kooperatiewe kliënte is betrokke hier. En ons gaan nog ‘n klompie inwerk om ons te help met hierdie met hierdie proses met die Fraserburg en die Williston kindertjies.
Ongelooflik. Sjoe, dit is. Ek sit hier in verbasing en ek is verstom oor wat julle alles in ‘n relatiewe kort tydjie alles reggekry het en beplan. Maar Oscar ek sê vir jou baie dankie vir jou lojaliteit teenoor die gemeenskap en oor die kinders spesifiek en alle voorspoed aan jou en jou span. Ek hoop daar’s mense wat gaan kontak maak en hulle hulp aanbied. En baie dankie vir die saamgesels.
Baie dankie Willem en baie dankie luisteraars en ons hoor baie graag van julle.
Wel daar het jy dit nou gehoor. Dit was die stem van Oscar van Antwerpen. Hy’s die direkteur en die stigter van Be The Good doen ongelooflike werk daar in die Karo spesifiek die Williston en Fraserburg omgewing. En as dit nie golf daar is nie is dit kunsuitstellings. Dan is dit kunsveilings en dit is digbundels en dis ongelooflik wat hulle alles doen. So gaan maak daar ‘n draai op hulle webwerf bethgood.co.za. Daar sal jy al die besonderhede kry as jy wil betrokke raak by een van hulle projekte of gaan maak ‘n draai minrom.co.za.