Tygerberg Praatjie – Oscar van Antwerpen oor Be The Good

In hierdie Tygerberg 20-20 Visie-gesprek deel Oscar van Antwerpen die storie agter Be The Good. Hy vertel hoe die beweging deel van sy lewe geword het en waarom dit belangrik is om aktief goed te doen in die gemeenskap. Saam met jongstem Emile word die fokus geplaas op hoop, betrokkenheid en die visie van ’n nuwe generasie wat ’n verskil wil maak.

0:00 / 0:00
'n Gesprek oor Gemeenskap, Hoop en Betrokkenheid
Ok 20-20 visie hier is ons. Ek sê al heel middag vir jou dat jy moet ingeskakel wees want ons gesels met Oscar van Antwerpen en ons gaan gesels oor Be The Good. Nou Oscar ek het vir almal gesê mens kan nooit genoeg goed doen nie en nie soos goeters nie om goed te doen soos wat Be The Good. Ok so baie welkom hier, ek sien baie uit daarna om meer te leer by jou en om te hoor wat julle doen en dan het ons ook hier vir Emile. Emile baie welkom ons het jou nou hier ingegooi en gesê jy sal nou maar ook ‘n ietsie moet sê vir die van die jongmense se kant af so baie dankie dat jy ook bereid is om sommer net iets te deel van wat jy beleef het en ook dan die visie wat julle as jongmense het. So great. Nou Oscar ek begin altyd met wie is jy en waar kom jy vandaan? So ek kan either dit vir jou vra of ek kan vir jou ‘n baie netjies vraag vra. Vertel iets van jou agtergrond en hoe het Be The Good deel van jou lewe geword. Want ek weet dit was nie heel moontlik deel van jou plan vir jou lewe toe jy 30 jaar oud was nie. Of dalk was dit. So vertel vir ons.
 
Goeiemiddag Lisa en die luisteraars. Baie dankie. vir die geleentheid. Lisa ek is ‘n geoloog in opleid of ‘n geoloog en een van my gunsteling goed is om na fossiele te kyk en ek is baie lief vir die Karoo. En ek werk eintlik in minerale so ek kry min kans om op fossiele te kyk en ek was ‘n paar jaar terug op ‘n fosse toog Sutherland en Freisburg toe.
 
Ja.
 
En toe ek so in die dorpie inry en die kinders was saam toe om fossiele te gaan kyk daar by Mirinda en toe raak so half skemer en daar’s twee klein dogtertjies wat langs die pad stap en ek is in dorp toe en ons kon toe nie inkom in die plaas om fossiele te kyk nie. Toe ek op pad terug is toe is die twee dogtertjies nog steeds op die pad en hulle is toe besig om huis toe te loop en ek stop en ek vra vir hulle waarantoe gaan hulle. Dis Augustus, dis bitter koud en dit is besig om donker te word. En daar het ek geleer van die ontberings wat die Karoo kinders deurgaan op ‘n daaglikse basis. En nedeloos te sê het hulle in die kar gesit um teekies gegee en huis toe geneem en hulle sou daai aand waarskynlik omgekom het in die koue.
 
Dit was omtrent 20 km huis en daar’s nie karre op daai pad nie.
 
So die kinders het ons te veilig by die huis aangebring en by hulle ma veilig ingesit en so dit is waar Be The Good eintlik so half bietjie bietjie begin het. Toe so jaar later toe vertel ek my boekhouer van dit en sy staan my toe voor aan ‘n vrou Danelle Hoër wat saam met haar op Koshuis was wat in Fraserburg onderwyseres is en daar het die hele en dit is haar naam Be The Good is Danelle se naam en daardie hele ding pos gevat en ons het begin om uit te reik na hierdie kinders toe wat nie ‘n wat nie ‘n stemmetjie het nie. Onthou ‘n kind van vier jaar oud het nie ‘n stemmetjie om te sê ek kry koud nie. Jy moet vir hom ‘n treitjie aantrek want hy kry nie koud nie. En daar het ek die grootste hartseer en armoede beleef.
 
Ons werk hoofsaaklik waar Be The Good het toe daar begin. Ons het begin uitreik met klere en met kos en verleding oor vakansietye en ons het die onderwyseresse en die personeel leer ken van Fraserburg skool as ook van Williston en pragtige mense en hulle werk verskriklik hard vir die gemeenskap en die kinders en dit is ‘n moeilike gemeenskap werk skaars.
 
Baie.
 
Die kinders word nie breeds groot nie dit is regtig ‘n uitdagende omgewing en
 
En dis ver van alles af dis regtig ver van alles af.
 
Dis bitter ver van alles baie koud dis baie warm werk is skaars daar en ek dink ons het begin uitreik na die kinders toe en begin om mense te vra help ons gee vir ons klere van my boorkontrakteur byvoorbeeld Torque Africa het uitgereik van ons chemiese ingenieurs, Chimerical het het uitgereik vir ons donasies gegee. Onsself het baie ingestaan.
 
Ons het klere, skoene, kos wat ons verskaf. Ons werk baie nou saam met die gemeenskap en baie nou saam met die onderwyseresse in daai twee verskillende skole. asook die daar’s ‘n dieetkundige Louise in Fraserburg. Sy help ons om kos en goed aanmekaar te sit en te verskaf.
 
So in die in die vakansieperiodes kyk ons na die kinders wat geen kos het of geen geen voedingskema dan –
 
Is is mos dis die groot probleem.
 
Is nie is nie teenwoordig nie. En dan natuurlik vat ons appels en enigiets wat ons kan kry. Ons het ‘n susterskool Henrik Louw in die in die strand.
 
Ja.
 
Pragtige skool. En ek en Jacques is baie goed bevriend en hy help ons verskriklik baie en dit is eintlik half susterskool en dan trek ons trek ons die jongmense om vir ons te help en dan wanneer ons uitryf vat ons hulle saam en dat hulle vir ons help en hulle is eintlik half ons slawe.
 
Dis ook goed weet jy wat nê? Daai perfek.
 
Hulle moet ons help om die swaar bokse te dra en die appels uit te deel. En ons het van die grabou boere het ons appels gekry. Ons het ‘n baie goeie friend  Anneme sakke die vrou wat die mooi sakke die goed maak is ons baie goedgesind sy’t vir ons ‘n klomp sakke geskenk wat ons onder die meisies uitgedeel het. Ons het gestok met ladybags.
 
En die ander ding ook is is ons trek die jongmense ook ons betrek die jongmense want baie van die goed wat ons sien in die gemeenskappe gaan resulteer vorentoe so ons ons hou daarvan om jongmense te betrek.
 
Ja verseker dat mens dieper kan kyk wanneer jy selfs wanneer jy jonk is. En dat jou gedagte gaan en jou brein anders begin werk. Want dit is wat gebeur wanneer mens uitreik. Jou gedagte gaan. Laterhaan is dit omtrent al waaraan jy dink in die groter prentjie van jou lewe. Maak nie saak watse werk jy doen nie. Dis altyd so hier in die agterkop van hoe kan die punte bymekaar uitkom. Nou Emile julle het nou so punte wat moet bymekaar uitkom en ek’s baie opgewonde om te hoor van die ingenieurskant af hoe julle dink. Ja.
 
So ek is op die oomblik nou ‘n bedryfsingenieur student by Stellenbosch. En ek het die geleentheid gehad om saam met Oscar en Be The Good saam Fraserburg en Williston toe te gaan. En ek moet sê dit was dit was rerig ‘n verrykende ervaring om net saam te gaan en eintlik net te kan sien hoe die kinders lewe en eintlik net half ook my visie kan breer maak en kan agterkom. Nou ek dink dit is ook die groot doelwit wat ek as ‘n jongmens wil bereik om daai visie van die kinders sterker te kan maak.
 
Ja.
 
Bietjie hulle te vertel van wat ingenieurswese is. En ek weet Minrom het ook gepraat oor geologie en daai klassies te kan doen om hulle kennis bietjie ook te verryk. Dis eintlik vir my dit gaan mooi gepaard aan om nie net vir hulle klere te gee nie, maar ook net ‘n mooi visie en toekoms vir hulle te skep.
 
Ja. En dis dis iets heeltemal nuut. Kyk as jy vir kinders vra ek werk meer op die Kaapse Vlakte, wat wil jy eendag word? Dan is dit die gewone dinge. Polisie man of ‘n brandweerman of ‘n gatsie van ‘n taxi of ‘n taxi bestuurder of die daai of die ander. Maar niemand sê iets van ek wil ‘n ingenieur word nie, want dis ‘n vreemde konsep en – 
 
Ja, dis dis ‘n baie uitdagende konsep.
 
En dis ‘n groot woord ook man. Dis ‘n baie groot woord. So ek is ek’s baie bly ook in daardie in daai gebied waar kinders so afgesluit is weg weet hulle so sien hulle nie want hulle is so ver weg. Ek het die voorreg gehad om Frasenburg teek so vroueoggend kon ek met die vrouens daar deel. En liewe genugtig dis regtig ver. Jy ry jy ry ry dan ry jy nog en dan ry jy nog ‘n bietjie. So ja ek weet dis baie ver. So wat julle doen resoneer nou regtig met my hart. Veral in die inligtingstuk wat jy vir my gestuur het waar daar staan goed julle het nou in 2023 begin. Alhoewel ek dink die Here was baie langer voor dit al besig met julle almal. Maar daar wat julle praat van die small acts of kindness want so baie keer dink mens moet die hele wêreld verander of jy moet ‘n 1000 proposals stuur of jy moet ‘n miljoen rand in jou bankrekening hê. Maar jy kan regtig net klein dingetjies doen soos twee meisiekinders wat langs die pad is in jou kar laai vir hulle teetjie gee en vir hulle huis toe vat. Dis die basiese van medemenslikheid glo ek en ook die basiese van ‘n small act of kindness wat toe nou gegroei het wat ek nou dankbaar is saam met julle. Nou hierso is ‘n meen ek ken nou die antwoord van hierdie maar ek dink dis belangrik as ons sê we believe in the power of community and collective effort is. Vertel vir my wat dit beteken by Be The Good en hoe jy dit regkry. So hoe kry jy dit regleive is? Want so baie keer is dit maklik. Ons laai jou bakkie vol goed en Emile se trokkie vol goed en wat ookal en jy gaan na ‘n plek toe en jy gaan doen jou small acts of kindness en almal is gelukkig vir ‘n rukkie. Maar daar’s daar moet iets groter as dit gebeur. En ek sien dit in hierdie bewoording van die collective effort wat die community ook doen. So hoe kry hulle daai gedoen? Want dis baie keer moeilik om weg te kom net van ‘n handout maar dat dit ‘n wisselwerking is.
 
Ja Lisa ek dink dit was die ons was gelukkig gewees. Ons het baie ‘n baie vriendelike personeel in Fraserburg en in Williston.
 
Die onderwyseresse daar is absoluut ongelooflik en hulle is ‘n rugsteen van formaat. ons is ook ingeskakel by WiMSA Woman in Mining Sout Africa. So ons is ‘n geologiese maatskappy wat eintlik diens verskaf aan die mynbou industrie vanuit die Kaap uit.
 
En die helfte van ons personeel as dames en ek het die dames geoloë ook geneem soontoe. En dit is baie die die dames of die meisies resoneer baie goed met die vrouens om te sien dat vrouens ‘n professionele beroep kan vervolg.
 
En ek dink die sam die samevoeging van die bereidwilligheid en die en die en ons dienste en uitreiking en die personeel in Williston en Fraserburg en hulle bereidwilligheid om saam met ons te werk is ‘n fantastiese wenspan en met Louise met die kos. So ons was gelukkig gewees na opsig is ons het ‘n baie goeie resonansie gevind by die mense in die platteland en hulle is regry van die platteland.
 
Absoluut baie en elke persoon daar as hulle hoor wat ons doen spring in en help op een of ander manier help hulle.
 
Jacques met Hendrik Louw daar’s daar’s magie daar’s soveel mense wat eintlik so goed is vir ons. Torque Africa, Chimerical mense wat penne en boeke geskenk. Iemand het daai dag R10 000 geskenk. Ons weet nie wie nie, maar dit was dat ons almal net het ons skoene en goed gekoop en vir kinders geneem.
 
En dan ons fokus ook op early childhood development. Baie baie belangrik vir die kleintjies.
 
En dan baie spesifiek ook om die om die onderwysers te onder te ondersteun met die verskaffing van skryfbehoeftes.
 
Ja.
 
Want baie maal die ons gaan die staats is partymaal laat met hulle toedelings van fondse en dan eindig dit daar’s kinders wat geen skryfbehoeftes het nie. So dit verskaf ons. Ons is nou besig met ‘n baie groot breiprojek.
 
Ons brei missies en serpies vir al die kleintjies om hulle warm te hou om dit is snerp en koud.
 
Ja.
 
En ek weet nie of jy gesien het nie, maar ons is ook ondersteuners van die Fraserburg Toneelfees wat al oor die 40 jaar aan die gang is gelees. Ek dink dis fantasties.
 
Ons het vir hulle wetblad geskep en gaan kyk gerus na Fraserburg Toneelfees. Dit word nou weer in Julie gedoen en dis wanneer ons al die missies en die serpies gaan opneem. So ons betrek ook die oumense. Ons vra vir die tannies om vir ons te brei. So dit is baie lekker want hulle word dan ook betrek by die hele proses.
 
En dan vra ons mense om vir ons asseblief wol te skenk. En vir ‘n bolletjie wol wat jy koop kan die een in die bok sit. Ons sou ma haar by jou.
 
So soos ek soek ook wol want dis nou vir ‘n ander projek. Nou het ek ook al so jy vra maar so almal jy weet die wolwinkel is net langs die haarsalon. So jy moet net kry net die haarsalon en die en die wolfwinkel bymekaar.
 
En dan ek dink een van die grootste projekte wat ons nou gaan aanpak is Minrom Consulting het ‘n klomp werk 12 werkstukke geborg en aangekoopstukke aangekoop by baie bekende kunstenaars soos byvoorbeeld Jo Roets, Riaan van Zyl, William Onker wat hier plaasvind is as ook Hennie Meyer. En en dan het ons ook in opkomende kunstenaars is, Nifty en Gift wat byvoorbeeld in ‘n in ‘n rooftog verlam is en hy skilder met sy mond. So ons het 12 werke. Elke werk verteenwoordig een of ander metaal of ‘n mineraal of woman and children in mining of lithium kragopwekking. So elke ding het elke werkstuk het ‘n motief.
 
En ons werk nou om in Oktober maand hierdie werke op te vuil. Of as ‘n enkel collective of as individuele stukke. Ons gaan een van die groot kunstehuise gebruik om ons te help met die opveiling. En al daai geld, al daai opbrengste gaan net so in Be The Good se rekening in en dit word 100% aangewend vir die verspreiding van nodige ECD onderrig en dan ook die kosverlening oor Desember en Junie maand vakansie.
 
Die vakansietyd. Ja. 
 
Klere wat nodig is vir die kleintjies en dan ook skryfbehoeftes.
 
So ons nooi almal uit om asseblief gaan kyk ons na ons webblad gaan kyk na ons Facebook bladsy. Neem deel betrokke
 
Sê by hierdie veiling, ek weet dis nou in Oktober, maar as ons weer ons oë uitvee dan is dit mos nou weer Oktober.
 
Baie druk op ons.
 
Ja baie druk op julle en ons wat graag wil deel wees daarvan kan ons maar net op die web blad en die Facebook bladsy op ‘n datum rondom die veiling.
 
Ja julle kan definitief op ‘n datum kyk en dit sal ook in in die groot mynbou maatskappy ook geadverteer word.
 
Ons trek ook ons mynbou kliënte in natuurlik
 
Om vir ons te help en te ondersteun met hierdie ding. Want weereens ons is ‘n ons is ‘n community en ons moet begin uitreik na na afgelee plekke soos Fraserburg en Williston toe daar dit is verskriklik ver soos hier gesê het.
 
Ja.
 
Dis 540 km.
 
En baie van hierdie kleiner plekke is daar nie meer maatskaplike dienste nie daar’s nie meer ‘n maatskaplike werker nie ek weet nou nie van Fraserburg nie maar ek het nou
 
Daar’s een maatskaplike werker.
 
En dis ‘n uitgebreide en uitgespreide area.
 
Baie moeilik daar’s een dokter elke twee weke is daar ‘n dokter en dis regtig baie beperk.
 
Ek het vir die vrou gevra of die vrouens gevra daai oggend toe sê ek maar wat doen julle sê nou my iemand word nou siek ne hulle bel maar die veeaarts of hulle weet wie het die meeste wie die grootste medisyne kas by die huis dan gaan hulle maar soontoe en kyk wat hulle kan doen exactly
 
Dis die naaste ou.
 
Ja dis baie en dis nog ook baie ver.
 
Dis baie ver of hulle vlieg. 
 
Weet so dis ‘n probleem party vlieg.
 
Ja. 
 
So ja so liso ons kyk nou regtig na die kleintjies ons probeer instaan daar waar hulle nie vir hulleself kan praat nie.
 
Ja.
 
Ek dink die ander ding wat ons wil probeer doen is ons probeer die jongmense betrek om vir hulle te fokus daarop dat daar ‘n tekort in Suid-Afrika is veral met die kinders en dat ons die kinders moet help want die kinders word die grootmens eendag.
 
Dis die ding. So ek dink die groot voordeel van jou Emile jy wat nou die die jong wat het julle gesê? Die kleintjie?
 
Ok nou as ek net kan beskryf hoe lyk hierdie kleintjie. Hy’s baie ek dink ek pas amper onder sy arm. Maar kleintjie Emile, julle doen groot dinge en my gebed is ook dat baie van jou vriende en baie van die studente sal besef dat die lewe gaan nie net oor onsself nie. Dit gaan nie net oor ons studies nie. Dit gaan nie net oor die universiteit waar ons is nie, maar daar’s ‘n ‘n groter prentjie.
 
Ja, daar’s definitief ‘n groter prentjie.
 
Ja. En ek glo dat dit dat jy ‘n voorloper gaan wees daar om vir almal saam met jou te neem sodat baie kinders en grootmense bereik kan word. So ja, baie dankie vir jou insette ook hierso vandag. Dankie.
 
Oscar. Baie dankie. Sjoe, ek gaan ons gaan definitief weer gesels. Dit is nou definitief so. Jy’t vir my ‘n baie baie mooi boekie in die hand gegee en ons het nou so bietjie daaroor gesels en dan wil ek nou so half bewoë raak oor die boekie. Wil jy nie net iets daaroor sê nie?
 
Ek kan vir jou iets sê daaroor.
 
Ek sal bly wees.
 
Ek het hierdie twee tweeling dogters ontmoet. Ek ken hulle oupa baie goed. En die die tweeling dogters het ‘n baie skaarsiekte Friedreich’s Ataxia sindroom. En die een van die een van die dogters dit is op ons webblad ook dis te koop. Die boekie is te koop op ons webblad een van die dogters gee uiting aan haar emosies deur te dig. En ons het vinnig gedigte geneem, getoonset of versorg. En ons het ‘n baie mooi boekie bymekaar gesit en versorg.
 
En dis in vier seisoene. Chene is is dis baie hartseer maar Chene is oorlede so ‘n maand terug. En Annika het vir ons ‘n pragtige klompie gedigte by bymekaar gesit. En toe hulle vir my vra wat hulle dink die boekie se naam moet wees, toe het ek net gedink die mees gepaste woord sal wees ‘n unimaginable journey. Dit is ‘ dit is ‘n ‘n tog wat ons nie sal verstaan nie.
 
Dit is ‘n reis wat ons nie sal verstaan nie. En die boekie is beskikbaar. Ons gee dit uit beurde neurolë wat met daai spesifieke kinders werk om dit vir die ouers te gee sodat die ouers kan verstaan
 
wat in so kind se gemoed aangaan.
 
En die verkope van die boekie gaan 100% na Annika se welstand en versorging toe. En ja, ons kan net die boodskap versprei en vra gaan kyk in, gaan teken in kyk of jy ‘n boekie kan koop, ‘n paar boekies kan koop. Dit gaan vir ‘n goeie doel. 
 
En dit gaan vir Annika. En dis op dis ook op die webblad soos jy gesê het nê op die Be The Good.
 
Be The Good webblad. Ok want toe ek nou so vinnig hier net hier deur geblaai het. Soos ek gesê het, ek wil dit nou vanaand wil ek nou mooi gaan lees dat ek net my kop om dit kan kry. Maar ek weet sommer ek gaan dit definitief deel met ons luisteraars ook in verskillende tye. So jy wat ingeskakel is, weet maar net jy gaan nie dis nie die laaste keer wat jy hoor van unimaginable journey nie. Want ek het besonders um aangegryp deur wat hierdie jongmens eintlik vir ons eintlik as ‘n groot geskenk gegee het om beter te kan verstaan. So dankie.
 
Jy gaan nog baie julle gaan nog baie hoor van my so ja
 
Hou ons webblad dop en hou ons Instagram dop en neem deel lewer kommentaar deel die idees met ons.
 
Ons werk hoofsaaklik in Fraserburg en Williston.
 
Okay.
 
Ja
 
Ek het my meestersgraad daar gedoen as ek maar lief is vir die Karoo.
 
Ek hou van die fossiele en dit is hoekom ons in daai area werk en die mense is mooi. Daar’s ‘n goeie ondersteuningsraamwerk daar.
 
Ja dit weet jy hoe terwyl jy nou praat weet as julle hier is dan hou hulle julle hande daar omhoog. Wanneer julle daar is, hou julle hulle hande omhoog. So dis regtig julle gee so aflosstokkie aan hierdie kant toe en daai kant toe. As julle soontoe gaan, gee julle ‘n aflosstokkie, dan gaan hulle aan en so gaan dit heen en weer. Julle neem wat nodig is. mense goedere en hulle versprei dit weer. En hulle kan meer drukkies gee heel moont ek as julle. Maar hulle kan instaan vir die drukkies wat julle ook sou wou gee. Maar julle is nou net ‘n bietjie te ver om dit elke dag te doen. 
 
Almal wat hulp en almal wat wat help nou dit is te veel om name te noem.
 
Ja.
 
Maar dit is fantasties wat hulle doen. Dis fantasties dat ons ‘n susterskool wat uitreik.
 
Ja dit is baie mooi.
 
Dis pragtig want
 
Ja gee vir ons die trye en die hemde en die rompies en die rokkies. Ons gee hjies en kibos en vrokkies en skoene en klere en baadjies en en so probeer ons ‘n verskil maak in.
 
Ja. En ek weet ek kan nou ook hier sit en as dit as daar ‘n skoolhoof is wat ingeskakel is hierdie susterskool dis ‘n dis ‘n mooi konsep. Ek weet een keer was iemand so ontsteld van daar was ‘n hulle skool het teen ‘n skool wat nou op die Kaap se vlakte is in ‘n baie arm gebied het hulle die kinders het nie tekkies gehad nie die meisie kinders maar hulle speel netbal like crazy nê kyk hulle is soos tigers hulle speel hulle speel hulle harte uit toe was iemand baie ontsteld van die van die ander skool en ek al wat ek toe sê is maar julle dis nie so ingewikkeld nie. Wat van julle neem die skool aan en die tekkies wat te klein is gee aan. Die rompies wat te klein is gee aan. Dan op die ou einde gaan almal mos nou hê wat hulle moet hê. So ja, dis nie so moeilik om betrokke te raak nie as ‘n individu of as ‘n skool of as ‘n besigheid. So ja, dankie.
 
Dis ‘n plesier. So ons gee boeke ook en speelgoed veral vir die kleintjies.
 
En ek dink die ander ding ook is is ons gee iets vir ‘n kind dan het hy iets.
 
Ja.
 
Wat nooit iets het nie.
 
Anders het hulle niks. Ja. En ek dink dis ‘n uitreik en ons probeer en ons dis al wat ons kan doen. Ons probeer ja en dis weet jy wat dis heeltemal goed genoeg en dit staan hier. Be The Good was founded in 2023 with a belief that small acts of kindness can make a big difference. En dis presies wat julle doen. So mag julle mag die Here julle regtig seën. En ek dink nie dis die laaste keer wat ons gaan gesels nie, want daar’s ‘n hele klomp raakpunte tussen straatwerk en It’s amazing en Be The Good. So ek sien uit daarna om weer te gesels. 
 
Dankie en dankie vir die moeite om in te kom en hier saam met my te kuier. Julle moet ‘n verskriklike lekker dag verder hê en ‘n mooi week en bly warm. Dis seker die belangrikste.
 
Ja, dit was dit van 20-20 visie. Laat weet gerus vir my as jy die inligting wil hê, die kontak besonderhede, die webblad, al die goeters. Ek het dit by my. Dan kan ek dit net vir jou aanstuur soos die middag aangaan. Maar vir nou gaan ek laat ons bietjie musiek luister tot 17:00 en dan het ons ons program lamp vir my voete.